Bring verlangevaart my pen
na vore,
trek ‘n silwer rand
om my wildste drome,
stuur my wense op na die plafon
of dalk bo die helder kantelson…
Droom die mikke van jou laglyne
onder elkeen van my deurkosyne.
Waar ek weer voel soos die eerste keer
wat ek knipoog oor die onderdeur.
En êrens knus langs ‘n knettervuur,
weg van die nou en weg van hier,
hang geraamde drome in ‘n gang
– net ingeval jy ook sou verlang.
Lewer kommentaar